Skip to content

Lees data van die PylonTech battery deur die seriepoort van rekenaar

Notifications You must be signed in to change notification settings

Interster/PylonTechBattery

Folders and files

NameName
Last commit message
Last commit date

Latest commit

 

History

15 Commits
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Repository files navigation

PylonTechBattery

Lees data van die PylonTech battery deur die seriepoort van rekenaar

Gebruik die volgende bronne om die battery intervlak te programmeer:

Hier is die Duitse forum waar die PDF intervlakke vandaan kom:

https://www.photovoltaikforum.com/thread/118958-pylontech-us2000b-daten-%C3%BCber-konsole-rs232-auslesen/?t=118958&start=10

Hier is 'n gebruiker wat 'n python intervlak geskryf het:

https://github.com/celsworth/lxp-pylon-utils

https://www.navitron.org.uk/forum/index.php?topic=30961.0

Hier is gebruiker wat javascript intervlak geskryf het. https://github.com/geeks-r-us/solar-sis

Bronne vanaf Duitse forum

https://www.photovoltaikforum.com/thread/130061-pylontech-us2000b-daten-protokolle-programme/

https://www.photovoltaikforum.com/thread/118958-pylontech-us2000b-daten-%C3%BCber-konsole-rs232-auslesen/?t=118958&start=10

Pylontech RS-232 formaat van seriepoort

Hier is die ASCII tabel. Die Pylontech stuur data in Heksadesimale getalle, maar dit gebruik die heksadesimale waarde van die ASCII tabel.

asciifull

Voorbeeld uit paragraaf 5 van RS-232 handleiding van Pylontech battery:

Stuur volgende string HEX getalle na die battery:

7E 32 30 30 31 34 36 34 32 45 30 30 32 30 31 46 44 33 35 0D

Dit beteken 7E - begin van data

32 30 - 20 in ASCII dit is die weergawe (VER)

30 31 - 30 is 'n 0 in ASCII in heks en 31 is 'n 1 in heks in ASCII, dus 01 dit is die battery nommer of ADR veld

34 36 - 34 is 'n 4 in ASCII in heks en 36 is 'n 6 in heks in ASCII, dus 46 en dit is die kode vir litium ioon batterye (CID1)

34 32 - 42 dit is die kode vir analoog inligting vanaf battery (CID2)

45 30 30 32 - LENGTH dit is die lengte van die data wat met 'n komplekse berekening bereken word

30 31 - INFO Dit is die ASCII vir 01 wat beteken jy vra vir battery 1 se inligting

46 44 33 35 - CHECKSUM Dit is die toets som vir hierdie string data

0D - dit is die einde van die data oftewel "Carriage return"

Kry dan terug:

7E 32 30 30 31 34 36 30 30 43 30 36 45 31 31 30 31 30 46 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 34 35 30 44 34 34 30 44 33 45 30 44 34 35 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 42 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 41 30 44 34 41 30 35 30 42 43 33 30 42 43 33 30 42 43 33 30 42 43 44 30 42 43 44 30 30 30 30 43 37 32 35 42 46 36 38 30 32 43 33 35 30 30 30 30 32 45 35 35 33 0D

Die oorblywende energie in die battery word gegee deur:

42 46 36 38

in die string wat teruggestuur word hierbo. Die volledige analise van die string hierbo word gegee in die Pylontech RS232 handleiding in paragraaf 5.

Die getalle hierbo is die heksadesimale waardes van die ASCII tabel. Dus is 42eintlik die string B. Net so is die hele string dan: BF68

Hierdie string is 'n heksadesimale getal wat nou teruggelei kan word na 'n desimale getal. BF68H waar H die heksadesimale getal beteken, is 49000. Hierdie getal is die waarde in mAh van die battery. Dus om die orige energie in kWh te bereken word die volgende berekening gedoen:

$Energie = \frac{49000mAh}{1000} \times 48V = 2352W = 2.352kW$

Hierdie berekening neem aan dit is 'n 48V battery.

Dus is die lading persentasie (die "State of Charge" of SOC) gelyk aan:

$SOC = \frac{2.352W}{2400W} = 0.98 = 98%$

Hierdie berekening neem aan dit is 'n 2.4kWh battery oftewel die Pylontech US2000.

Battery instellings vir die Pylontech battery op die Axpert inverter

Die volgende instellings is gedoen vir die Axpert om die Pylontech battery in staat te stel om meer leeg te loop. Dit stel die battery in staat om meer van die sonkrag te benut. Dit verskil van die standaard Pylontech instellings vir die Axpert. Dus moet dit gesien word as meer onveilig (die battery mag leegloop met hierdie instellings wat ongewens is).

Axpert Program nommer:

Program 02 - Stel na N*20A, N = aantal batterye

Program 05 - USE

Program 12 - 46V

Program 13 - 48V

Program 29 - 46V

Belangrike nota: Met 'n stelsel waar daar baie panele is kan program 02 eerder na die volgende gestel word: N*20A - 10A. Dit is meer geskik want daar is ondervind dat die DC skakelaar uitklink a.g.v. baie groot stroomwaardes wat die battery nie kan absorbeer op kort kennisgewing nie. Indien die laaistroom laer gestel word soos laasgenoemde, verdwyn die probleem.

Task: Display Detected System’s Serial Support

Simply run dmesg command

$ dmesg | grep tty

About

Lees data van die PylonTech battery deur die seriepoort van rekenaar

Resources

Stars

Watchers

Forks

Releases

No releases published

Packages

No packages published